Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 7:3-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Droefheid is beter as om te lag; ’n droewige gebeurtenis laat ’n mens dikwels goed nadink.

4. Die gemoed van die wyse voel tuis waar daar gerou word.Die dwase se gemoed voel tuis waar daar plesier is.

5. Dis beter om ag te slaanop die kritiekvan iemand wat wys is,as om te luister na die lied van dwase mense.

6. Soos die geknetter van doringtakke onder ’n pot,so klink die gelag van ’n dwaas.Dit alles is sinloos.

7. Afpersing maak ’n verstandige’n dwaas. ’n Omkoopgeskenk vernietiggoeie oordeel.

8. ’n Taak wat voltooi is,is beter as die begin.Geduld is beter as hoogmoed.

9. Moenie gou kwaad word nie;ergernis hoort by dwase.

10. Moenie sê: “Waarom was die ou dae beter as die huidige?” nie.Dit is nie uit wysheid dat jy daaroor vra nie.

11. Wysheid is net so goed as ’n erfdeel; dit help hulle wat nog die son sien.

12. Wysheid beskerm jou soos geld beskerming bied.Maar die voordeel van kennis is dat wysheid die lewe van hom wat dit besit,beskerm.

13. Kyk hoe God te werk gaan: Wie kan iets reguit maak wat Hy krom gemaak het?

14. Geniet die dag van voorspoed.Maar wanneer teëspoed kom, onthou, God gee die eensowel as die andersodat die mens nie sal weet wat met hom sal gebeur nie.

15. In my lewe van sinloosheid het ek alles gesien:Die regverdige gaan dood, al doen hy wat reg is;’n bose mens geniet ’n lang lewe, al doen hy verkeerd.

16. Moenie te regverdig lewe nie. Moenie aanspraak maak op meer wysheid as wat jy het nie.Hoekom wil jy jouself vernietig?

17. Moet ook nie te goddeloos lewe nie.Moenie ’n dwaas wees nie!Hoekom moet jy voortydig doodgaan?

18. Dit is goed om een vas te hou en die ander nie te los nie.Hy wat vir God respekteer,ontkom aan albei.

19. Wysheid versterk ’n wyse met meer mag as wat tien belangrike leiersin ’n stad het.

Lees volledige hoofstuk Prediker 7