Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 4:9-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Twee is beter as een.Saam bereik hulle meer in hulle werk.

10. As een mens val, kan sy vriend hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie.

11. As twee langs mekaar slaap, word hulle warm.Maar hoe kan een wat alleen is,warm word?

12. Iemand kan die een aanval, maar die twee kan weerstand bied.’n Driedubbele tou breek nie maklik nie.

13. Dis beter om ’n jongmens te wees wat arm en verstandig is, as om ’n koning te wees wat oud en dwaas isen van niemand raad aanvaar nie.

14. Die jong man kom dalk uit die tronk en word koning, al was hy arm gebore in die koninkryk van sy voorganger.

15. Maar tog het ek gesien dat almal wat lewe onder die sondie jong man volg,hy wat die koning se plek ingeneem het.

16. Daar was nie ’n einde aan al die mense oor wie hy regeer het nie.Tog sal die nageslag nie met vreugde aan hom dink nie.Ook dit is alles sinloos, ’n blote gejaag na wind.

17. Wees baie versigtig wanneer jy ingaanby die huis van God. Gaan eerder nader om te luister as om jou offer te bringsoos dwase dit sou doen.Want dwase begryp nie dat hulle kwaad doen nie.

Lees volledige hoofstuk Prediker 4