Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 4:5-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Dwase is te lui om te werk en gaan dood van die honger.

6. Tog is ’n hand vol met rus beter as twee hande vol met moeite en ’n gejaag na wind.

7. Ek het nog iets gesien wat sinloos is onder die son:

8. Daar is iemand wat heeltemal alleen is,boonop sonder seun of broer. Tog is daar geen einde aan al sy moeite nie en word sy oë nie versadig met rykdom nie.Hy moet later sê: “Vir wat werk ek so hard en ontsê ek my alle plesier?” Dit alles is sinloos en ’n slegte taak.

9. Twee is beter as een.Saam bereik hulle meer in hulle werk.

10. As een mens val, kan sy vriend hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie.

Lees volledige hoofstuk Prediker 4