Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 2:17-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Ek was nie meer lus om te lewe nie,want wat onder die son gedoen word, het my teleurgestel.Alles is sinloos en ’n blote gejaag na wind.

18. Ek was moeg vir alles waarvoor ek in hierdie wêreldhard gewerk het,want ek moet dit alles nalaat aan die een wat ná my kom.

19. En wie sal weet of hy ’n wyse of dwaas gaan wees? En tog sal hy beheer uitoefen oor alles wat ek met moeite en wysheid onder die son tot stand gebring het.Dit alles is dus sinloos!

20. Ek het dus opgehou om myself tot wanhoop te dryfoor alles waarmee ek met soveel moeite onder die sonmy besig gehou het.

21. Want ’n mens wat met wysheid en bekwaamheidgewerk het,moet sy besittings oorgee aan iemandwat nie daarvoor gewerk het nie.Dis alles sinloos en vrugteloos!

22. Wat kry die mens vir al sy harde werk waarmee hy hom met soveel ywer onder die son vermoei?

23. Sy hele lewe is vol pyn en leed.En alles wat hy onderneem, is verdriet.Selfs in die nagkry hy nie rus nie.Ook dit is alles sinloos.

24. Daar is vir die mens niks goeds behalwe dat hy kan eet en drink en ten spyte van sy arbeid nog die goeie kan geniet nie.Ek het besef dit is ’n gawe wat uit God se hand kom.

25. Want wie kan sonder Hom enigiets eet of geniet?

26. God gee wysheid, kennis en blydskap vir die mens wat Hom vreugde bring.Maar van die dwaas eis Hy om rykdom op te gaar en bymekaar te maak, net om dit te gee aan iemand met wie God tevrede is. Dit is ook sinloos, ’n blote gejaag na wind!

Lees volledige hoofstuk Prediker 2