Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 2:11-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Ek het daarna egter nagedink oor alles wat ek bereik het, oor al die moeite wat ek gedoen het.Ek het besef hoe sinloos dit alles is.Dis niks anders as ’n gejaag na wind nie.Daar is geen voordeel onder die son nie.

12. Ek het toe besluit om wysheid en dwaasheidteen mekaar op te weeg.Wat anders kan ’n koning se opvolger bereik as wat reeds bereik is?

13. Ek het wel gesien dat wysheid meer waarde hetas dwaasheid, net soos lig beter is as donkerte.

14. Want wyse mense kan sien waar hulle gaan,terwyl die dwaas in die donker loop.Maar tog het ek besef dieselfde lot tref sowel wyses as dwase.

15. “As my lot dieselfde is as dié van dwase, wat is die sin om wys te wees?” het ek my afgevra.Ek het besef dit is ook alles sinloos.

16. Want die wyse mens en die dwaas gaan albei dood,en niemand onthou hulle nie.In die toekoms word albei vergeet!

17. Ek was nie meer lus om te lewe nie,want wat onder die son gedoen word, het my teleurgestel.Alles is sinloos en ’n blote gejaag na wind.

18. Ek was moeg vir alles waarvoor ek in hierdie wêreldhard gewerk het,want ek moet dit alles nalaat aan die een wat ná my kom.

19. En wie sal weet of hy ’n wyse of dwaas gaan wees? En tog sal hy beheer uitoefen oor alles wat ek met moeite en wysheid onder die son tot stand gebring het.Dit alles is dus sinloos!

Lees volledige hoofstuk Prediker 2