Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 7:77-89 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

77. twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was die geskenke wat Pagiël, die seun van Okran, gebring het.

78. Op die twaalfde dag het Agira sy geskenke gebring. Hy was die seun van Enan en die leier van Naftali.

79. Sy geskenke was ’n silwerbord van een en ’n half kilogram en ’n silwerbak van 800 gram. Al twee was vol meel met olie gemeng as graanoffer.

80. Hy het ook ’n goue houer gebring van 115 gram vol wierook.

81. Daar was ook ’n jong bul en ’n jaaroud rammetjie vir brandoffers,

82. ’n bokram as sonde-offer,

83. twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was die geskenke wat Agira, die seun van Enan, gebring het.

84. Dit was dan die geskenke wat die leiers van Israel spesifiek vir die altaar gebring het toe dit gesalf is: twaalf silwerborde, twaalf silwerbakke en twaalf houers vir die wierook.

85. Die silwer voorwerpe het altesaam 28 kilogram geweeg, een en ’n half kilogram vir elke bord en 800 gram vir elke bak.

86. Die houers vir die wierook het elkeen 115 gram geweeg, byna een en ’n half kilogram in totaal.

87. Saam met die graanoffers was daar twaalf bulle, twaalf ramme en twaalf jaaroud lammers vir die brandoffer. Daar was ook twaalf ramme vir die sonde-offer.

88. Vir die maaltydoffer was daar altesaam 24 bulle, 60 ramme, 60 bokke en 60 jaaroud rammetjies. Dit was die offers wat gebring is toe die altaar gesalf is.

89. Wanneer Moses in die tabernakel ingegaan het om met God te praat, het hy God se stem van tussen die twee engelfigure op die versoendeksel van die ark van getuienis hoor praat.

Lees volledige hoofstuk Numeri 7