Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 7:37-47 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

37. Sy geskenke was ’n silwerbord van een en ’n half kilogram en ’n silwerbak van 800 gram. Al twee was vol meel met olie gemeng as graanoffer.

38. Hy het ook ’n goue houer gebring van 115 gram vol wierook.

39. Daar was ook ’n jong bul en ’n jaaroud rammetjie vir brandoffers,

40. ’n bokram as sonde-offer,

41. twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was die geskenke wat Selumiël, die seun van Suri-Saddai, gebring het.

42. Op die sesde dag het Eljasaf sy geskenke gebring. Hy was die seun van Reüel en die leier van Gad.

43. Sy geskenke was ’n silwerbord van een en ’n half kilogram en ’n silwerbak van 800 gram. Al twee was vol meel met olie gemeng as graanoffer.

44. Hy het ook ’n goue houer gebring van 115 gram vol wierook.

45. Daar was ook ’n jong bul en ’n jaaroud rammetjie vir brandoffers,

46. ’n bokram as sonde-offer,

47. twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was die geskenke wat Eljasaf, die seun van Reüel, gebring het.

Lees volledige hoofstuk Numeri 7