Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 6:14-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Hy moet vir die Here verskillende offers bring. Dit is ’n gesonde rammetjie van ’n jaar oud as brandoffer, ’n gesonde jaaroud ooitjie as ’n sonde-offer, ’n gesonde ram as vrede-offer,

15. ’n mandjie vol brood wat van fynmeel en olie gemaak is sonder suurdeeg en plaatkoekies met olie gesmeer as ’n maaltydoffer, saam met die voorgeskrewe drankoffers.

16. Die priester sal dit vir die Here aanbied en hy sal die sonde-offers en brandoffers bring.

17. Hy sal die ram as vrede-offer vir die Here bring saam met die mandjie ongesuurde brode. Hy sal dan ook die maaltyd- en drankoffers bring.

18. “Die nasireër moet dan daar by die ingang van die tabernakel sy hare afskeer en dit op die vuur sit waar die vrede-offer gebring word.

19. Die priester sal dan ’n gekookte blad van die ram vat, ’n broodjie uit die mandjie en ’n plaatkoekie, en dit in die handpalm van die nasireër sit wat sy hare afgeskeer het.

Lees volledige hoofstuk Numeri 6