Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 32:33-41 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

33. Moses het toe die gebied van Sihon, die koning van die Amoriete, en die gebied van Og, die koning van Basan, die hele streek met al sy stede en die dorpe daar rondom, vir die stamme Gad en Ruben en die halwe stam van Manasse, die seun van Josef, gegee.

34. Die mense van Gad het toe Dibon, Atarot, Aroër,

35. Atrot-Sofan, Jaser, Jogboha,

36. Bet-Nimra en Bet-Haram gebou. Dit was almal versterkte blyplekke met krale vir hulle vee.

37. Die mense van Ruben het die volgende stede herbou: Gesbon, Elale, Kirjatajim,

38. Nebo, Baäl-Meon, en Sibma. Hulle het sommige van die plekke wat hulle herbou het se name verander.

39. Die nageslag van Makir, die seun van Manasse, het teen Gilead gaan oorlog maak. Hulle het dit verower en die Amoriete wat daarin gebly het, daar uitgedryf.

40. Moses het Gilead vir die nageslag van Makir, die seun van Manasse, gegee. Hulle het daarin gaan woon.

41. Jaïr, ook een van Manasse se nageslag, het die tentdorpe aangeval. Hulle het hulle verower, en hulle name verander na die tentdorpe van Jaïr.

Lees volledige hoofstuk Numeri 32