Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 26:1-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het toe vir Moses en die priester Eleasar, seun van Aäron, gesê:

2. “Tel almal bo twintig jaar in die gemeenskap van Israel volgens hulle families om te bepaal hoeveel van hulle oorlog kan maak.”

3. Hulle was op die vlakte van Moab, langs die Jordaan, reg teenoor Jerigo. Moses en die priester Eleasar het toe opdrag gegee:

4. “Tel almal ouer as twintig jaar wat oorlog toe kan gaan, soos die Here vir Moses gesê het.”Hier is die getalle van die Israeliete wat uit Egipte weg is:Stam van Ruben

5. Die Rubenfamilies wat afgestam het van Ruben, oudste seun van Jakob, was: Die Ganokgroep vernoem na Ganok, die Palluïete vernoem na Pallu.

6. Die Gesroniete en die Karmïete.

7. Die Rubenfamilies was altesaam 43 730 man.

8. Pallu se seun was Eliab,

9. en sy seuns was Nemuel, Datan en Abiram. Datan en Abiram was die leiers wat teen Moses en Aäron in opstand gekom het.

10. Die grond het onder hulle oopgegaan en hulle saam met Korag ingesluk. Die vuur het 250 van sy meelopers verbrand. Dit was ’n waarskuwing vir Israel.

11. Korag se seuns het egter nie gesterf nie. Stam van Simeon

12. Die groepe wat uit Simeon gebore is, was die groep van Jemuel, Jamin, Jakin,

13. Serag en Saul.

14. Die groep uit Simeon was altesaam 22 200. Stam van Gad

Lees volledige hoofstuk Numeri 26