Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 24:9-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Hy buk en gaan lê soos ’n leeumannetjie. Hy is soos ’n leeu; niemand kan hom teenstaan nie. Elkeen wat jou seën, is geseënd.Elkeen wat jou vervloek, is vervloek.”

10. Balak het toe woedend geword vir Bileam. Hy het sy hande teen mekaar geklap en vir hom geskreeu: “Ek het jou laat kom om my vyande te vervloek. Dit is nou al drie maal dat jy hulle geseën het.

11. Maak dat jy wegkom na jou huis toe! Ek het wel gesê ek sal jou beloon, maar die Here het nou jou beloning weggevat!”

12. Bileam het vir Balak gesê: “Onthou jy nie dat ek vir die boodskappers wat jy gestuur het, gesê het:

13. ‘Al gee Balak vir my sy paleis vol silwer en goud, ek kan nie enigiets anders sê as wat die Here vir my gee nie, of dit nou goed of kwaad is.’”

14. “Ek gaan nou terug na my mense toe. Maar laat ek jou ’n bietjie inlig oor wat hierdie volk in die toekoms met jou volk gaan doen.”

15. Hy het toe die volgende boodskap gebring:“So sê Bileam, die seun van Beor,’n man wie se oë oopgegaan het.

16. Hy hoor die woorde van God en weet wat die Allerhoogste besluit het. Hy sien die visioene wat die Almagtige vir hom gee. Hy val op die grond neermet sy oë wawyd oop.

17. Ek sien iets, maar dis nie onmiddellik nie. Ek sien hom, maar hy is nog nie naby nie. ’n Ster kom uit Jakob. ’n Septer kom uit Israel. Hy verpletter Moab se voorkop.Hy verwoes sy opstandige nageslag.

18. Edom sal oorwin word. Seïr sal oorlogsbuit word vir sy vyande. Israel sal met mag oorwin.

Lees volledige hoofstuk Numeri 24