Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 22:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Israeliete het weggetrek en in die vlakte van Moab gaan kamp opslaan. Dit is oos van die Jordaan, reg teenoor Jerigo.

2. Balak, die seun van Sippor, was koning van die Moabiete. Hy het gehoor wat die Israeliete alles met die Amoriete gedoen het.

3. Toe hy sien hoe baie Israeliete daar is, het hy en sy volk vir hulle bang geword.

4. Balak, koning van die Moabiete, het vir die leiers van die Midianiete gesê: “Hulle sal alles rondom ons verteer soos ’n bees die gras in die veld wegvreet.”

5. Hy het boodskappers na Bileam, die seun van Beor, gestuur. Bileam het by Petor langs die Eufraatrivier gebly in die land waarvandaan Balak kom. Hy het hom laat roep: “’n Volk het uit Egipte getrek. Hulle maak die hele aarde vol. Hulle het hulle reg teenoor my kom vestig.

Lees volledige hoofstuk Numeri 22