Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 6:14-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. O, my God, onthou al die slegte dinge wat Tobija en Sanballat gedoen het. En vergeet ook nie van die profeet Noadja en al die ander profete soos sy wat my probeer afskrik het nie.

15. Op 2 Oktober is die muur uiteindelik voltooi. Dit was net 52 dae vandat ons begin bou het.

16. Toe die nuus ons vyande bereik en die volke in die omgewing sien wat gebeur het, was hulle uit die veld geslaan. Hulle het besef dat ons God ons met hierdie werk gehelp het.

17. Gedurende hierdie 52 dae was daar baie briefwisseling tussen Tobija en die leiers van Juda.

18. Baie van die mense in Juda het trou aan hom gesweer, want hy was die skoonseun van Sekanja, die seun van Arag. Verder was sy seun Joganan met die dogter van Mesullam seun van Berekja getroud.

19. Hulle het ook voortdurend vir my vertel hoe ’n wonderlike man Tobija is. Hulle het ook vir hom alles oorvertel wat ek gesê het. En Tobija het baie briewe aan my gestuur om my te probeer bangmaak.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 6