Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 12:36-43 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

36. Laastens het sy medewerkers Semaja, Asarel, Milalai, Gilalai, Maäi, Netanel, Juda en Ganani met die musiekinstrumente van Dawid, die man van God, gekom. Die skrifkenner Esra het die optog gelei.

37. By die Fonteinpoort het hulle reguit met die trappe teen die skuinste van die muur opgestap na die Dawidstad toe. Hulle het bokant die paleis van Dawid langs gestap tot by die Waterpoort aan die oostekant.

38. Die ander koor wat ook lofliedere gesing het, het noord geloop. Ek en die ander helfte van die ander mense het hulle op die muur langs gevolg, oor die Bakoondtoring tot by die Breë Muur,

39. van daar af verder bokant die Efraimspoort verby na die Ou Stadspoort toe, verby die Vispoort en die Gananeltoring. Ons het aangehou verby die Toring van die Honderd tot by die Skaappoort en toe by die Wagpoort gaan staan.

40. Die twee kore het daarna hulle plekke in die tempel ingeneem. Ek en die helfte van die leiers saam met my het dieselfde gedoen.

41. Die priesters Eljakim, Maäseja, Mijamin, Miga, Eljoënai, Sagaria en Gananja het die trompette geblaas.

42. Maäseja, Semaja, Eleasar, Ussi, Joganan, Malkija, Elam en Eser het dit ook gedoen. Die kore het onder leiding van Jisragja gesing.

43. Hulle het daardie dag baie offers gebring. Die mense was bly, want God het hulle baie rede gegee om bly te wees. Die vroue en kinders was ook bly. ’n Mens kon die blydskap van die mense in Jerusalem ver hoor.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 12