Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 11:18-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Al die Leviete in die heilige stad was 284.

19. Die poortwagte was: Akkub, Talmon en hulle ampsgenote wat by die poorte waggehou het. Hulle was 172.

20. Die res van Israel en van die priesters en Leviete het oral in die dorpe van Juda gewoon, elkeen op hulle familiegrond.

21. Die tempelslawe het op die Ofel gewoon. Siga en Gispa was hulle leiers.

22. Ussi seun van Bani het toesig gehou oor die Leviete in Jerusalem. Hy was die seun van Gasabja, seun van Mattanja, seun van Miga, uit Asaf se familie wat as sangers by die tempel diens gedoen het.

23. Daar het ’n koninklike opdrag bestaan wat aan die sangers voorgeskryf het hoe hulle daaglikse aktiwiteite moes geskied.

24. Petagja seun van Mesesabel, uit die nageslag van Serag seun van Juda, was die verteenwoordiger van die koning vir alle sake van die volk.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 11