Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 11:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. In hierdie stadium het die leiers van die mense in Jerusalem gebly. ’n Tiende van die mense uit ander dorpe van Juda en Benjamin is deur die lot aangewys om ook daar te gaan bly. Die res van die mense moes bly waar hulle is.

2. Sommige mense het vrywillig in Jerusalem gaan woon. Die mense het hulle net die beste toegewens.

3. Hier volg nou ’n lys van die name van die leiers van die provinsies wat na Jerusalem toe gekom het. Die meeste van die mense, priesters, Leviete, tempelwerkers en van die nageslag van Salomo se dienaars, het in hulle eie huise in die verskillende dorpe van Juda bly woon.

4. Sommige van die mense van Juda en Benjamin het egter in Jerusalem hervestig: Uit die Judastam was daar: Ataja seun van Ussia, seun van Sagaria, seun van Amarja, seun van Sefatja, seun van Mahalalel, uit die familie van Peres.

5. Maäseja seun van Baruk, seun van Kol-Gose, seun van Gasaja, seun van Adaja, seun van Jojarib, seun van Sagaria, seun van Siloni.

6. Die nakomelinge van Peres wat in Jerusalem gewoon het, was altesaam 468, almal dapper mans.

7. Nou volg die Benjaminiete: Sallu seun van Mesullam, seun van Joëd, seun van Pedaja, seun van Kolaja, seun van Maäseja, seun van Itiël, seun van Jesaja,

8. en dan ook Gabbai en Sallai. Die Benjaminiete was 928.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 11