Ou Testament

Nuwe Testament

Nahum 3:6-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Ek sal jou met mis besmeer en jou verneder.Ek sal ’n bespotting van jou maak.

7. Almal wat jou sien, sal met afgryse wegdraai en sê:‘Nineve lê heeltemal verwoes, maar wie gee om?’Waar kry Ek iemand om jou te troos?”

8. Is jy enigsins beter as Tebes, gevestig aan die Nyl,’n stad omring met riviere, beskut met water aan alle kante?

9. Hulle bron van krag was Etiopië en Egipte,wat gelyk het of hullegeen einde het nie.Put en Libië was hulle bondgenote.

10. Nogtans is Tebes ingeneemen sy inwoners weggevoer as ballinge.Op die straathoeke is hulle babas doodgeslaan.Die lot is gewerp oor belangrike leiers,vernames is met kettings geboei.

11. Nineve, ook jy sal slingersoos ’n dronkaard.Uit vrees vir die vyand sal jy soek na ’n skuiling, na ’n beskerming van die vyand.

12. Al jou vestings is soos vyebomemet die eerste ryp vye.Wanneer ’n mens die boom skud,val die vye in die mond van die eter.

13. Kyk na jou soldate,hulle is so swak soos vroue.Jou landsgrense is wawyd oop vir jou vyand.Die sluitbalke van jou poorte is met vuur verbrand.

14. Maak gereed vir die inval!Gaar water op, versterk jou vestings!Gaan staan in die kleiput, brei die klei!Versterk die steenvorms!

15. Daar sal julle deur vuur verteer word,of deur die swaard sneuwel,soos sprinkane wat julle verorber.Vermeerder soos sprinkane,word baie soos treksprinkane!

16. Jou stad is vol handelaars, talryk soos sterre in die hemel.Soos ’n swerm sprinkane stroop hulle die land en vlieg weg.

Lees volledige hoofstuk Nahum 3