Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 4:9-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Maar waarom skreeu jy nou so benoud?Het jy dan nie ’n koning nie? Het jou raadgewers verdwyn?Angs het jou vasgegryp,soos ’n vrou wat in kraam is.

10. Mense van Jerusalem, ervaar pyn en benoudheidsoos ’n vrou in kraam! Julle sal die stad moet verlaat om op die oop velde te bly.Julle gaan binnekort in ballingskap na Babel toe geneem word.Maar die Here sal julle daar red.Hy sal julle verlos uit die mag van julle vyande.

11. Baie volke het hulle kragte teen jou saamgespan.Hulle soek jou bloeden is gretig om die ondergangvan Jerusalem te aanskou.

12. Maar hulle weet nie hoe die Here dink nie en verstaan nie sy planne nie.Hy gaan hulle bymekaarmaaksoos gerwe op die dorsvloer.

13. Die Here sê vir Jerusalem: “Maak jou gereed en vernietig die nasies!Ek sal vir jou ysterhorings en koperhoewe gee sodat jy baie nasies kan vertrap.Gee al die rykdom wat jy so bekom as offers aan My. Ek is die Herevan die hele wêreld.”

Lees volledige hoofstuk Miga 4