Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 4:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. ’n Tyd sal aanbreek wanneer die Here se tempel in Jerusalemdie belangrikste plekop aarde sal wees.Mense sal van oral af kom om daar te aanbid.

2. Baie nasies sal kom en sê:“Kom laat ons opgaan na die berg van die Here,na die tempel van die God van Israel.Hy sal ons leer hoe om te lewe sodat ons aan Hom gehoorsaam kan wees.”Dan sal die gebooie uitgaanvanuit die tempelen die woord van die Hereuit Jerusalem.

3. Geskille tussen baie volkesal Hy oplos.Van hulle swaarde sal nasiesploegskare maak en van hulle spiese, snoeiskêre.Oorloë sal ophou en ook militêre opleiding.

4. Almal sal rustig woon terwyl hulle vrede en voorspoed geniet.Hulle sal nie enige rede hê om bang te wees nie.Dit is ’n belofte van die Here, die Almagtige!

5. Elke nasie kan sy vertroue stelin hulle gode,maar ons sal vir altyd ons vertroue stel op die Here ons God.

6. Die Here sê: “In die tye wat kom, gaan Ek my mense bymekaarmaak.Dit sluit in die kreupeleswat in ballingskap is en dié wat Ek met rampe getref het.

7. Hulle is verswak en ver van hulle huise af, maar Ek sal hulle weer ’n sterk en magtige nasie maak.Ek, die Here, sal hulle Koning wees. Ek sal vir ewig in Jerusalemoor hulle regeer.

Lees volledige hoofstuk Miga 4