Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 3:6-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Dit gaan nag wees vir julle sonder enige visioene.Die duisternis sal maak dat julle niks oor die toekoms kan sê nie.Die son gaan sak vir die profete.Hulle dae is getel.

7. Die sieners sal in die skande kom,die waarsêerssal verleë staan.Uit skaamte sal hulle almal hulle gesigte bedek, want daar is geen antwoord van God nie.”

8. Wat my lewe betref, ek is vol van die Geesteskrag van die Here. Regverdigheid en sterkte vul my lewe. Sonder enige vreessal ek met die mense van Israel praat oor hulle opstand en sondes.

9. Luister na my, leiers van Israel! Julle haat regverdigheid en verdraai die reg.

10. Julle bou Jerusalem op ’n fondasievan moord en bedrog.

11. Julle leiers lewer uitsprake vir omkoopgeld.Julle priesters onderrig menseteen vergoeding.Julle profete voorspel teen betaling.Tog verwag hulle dat die Here hulle sal help. Hulle sê: “Die Here is by ons,geen kwaad sal ons tref nie.”

12. Julle is die oorsaak dat die tempel gaan weessoos ’n omgeploegde land.Jerusalem sal soos ’n puinhoop lyken die tempelberg soos ’n toegegroeide heuwel.

Lees volledige hoofstuk Miga 3