Ou Testament

Nuwe Testament

Maleagi 2:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Luister, priesters, hierdie opdrag is vir julle!”

2. Die Here, die Almagtige, sê: “Luister na My, maak groot erns daarmee. Julle moet my Naam eer! As julle dit nie doen nie, sal Ek ’n vloek oor julle bring. Selfs julle voorspoed sal Ek verander in ’n vloek. Trouens, Ek het dit alreeds vervloek,want aan my waarskuwing steur julle julle nie.

3. Ook julle nageslag sal Ek straf. Ek gaan die mis van die offerdiereby julle feeste oor julle gesigte smeer. Julle sal op die mishoop beland.

4. Dan sal julle besef dat dit Ek is wat hierdie opdrag gestuur het sodat my verbond met die Leviete kan voortbestaan,” sê die Here, die Almagtige.

5. “Die doel van my verbond met die Leviete was om lewe en vredete bring. Dit is wat Ek vir die Leviete gegee het. Hulle moes My eer en respekteer en dis presies wat hulle gedoen het. Hulle het My met diep ontsag bejeën,

6. mense in my waarheid onderrig en nie leuens vertel nie. In vrede en opregtheid het hulle saam met My geloop. Hulle het ook baie mense gehelp om weg te draai van die sonde.

7. “Die priester moet waak oor die kennis wat hy meedeel. Hy moet die volk kan leer wat my wil is, want hy is die boodskapper van die Here, die Almagtige.

8. Maar dit was nie so met julle nie!” Die Here, die Almagtige, sê: “Julle het van my pad afgedwaal. Julle sogenaamde onderrig het baie mense laat struikel. Julle het skade aangerig aan my verbond met die Leviete.

9. “Julle het nie gelewe soosEk vereis nie en was partydigin julle toepassing van my voorskrifte.Daarom het Ek veroorsaak dat julle by die hele volk verag en verneder word.”

10. Is ons nie kinders van dieselfde Vader nie? En is ons nie almal deur een God geskep nie?Hoekom bedrieg julle mekaar dan, verbreek julle die verbond wat God met ons voorouersgemaak het?

11. In Israel en Jerusalem het iets afstootliks gebeur: Juda was ontrou! Die Here het die tempel baie lief, maar die mans van Juda het dit ontheilig deur te trou met vroue wat vreemde gode aanbid.

Lees volledige hoofstuk Maleagi 2