Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 9:17-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Hy het ook ’n graanoffer gebring en ’n hand vol meel op die altaar verbrand, bo en behalwe die gebruiklike oggendbrandoffer.

18. Aäron het toe die bees en die ram as die volk se maaltydoffer geslag. Sy seuns het die bloed vir hom gebring en hy het dit teen die kante van die altaar gesprinkel.

19. Toe het hy die vet van die bul en die ram – die vet van die stert, die vet rondom die binnegoed, saam met die niere en die punt van die lewer – gevat en

20. dit bo-op die borsstukke van die diere gepak en dit toe op die altaar verbrand.

21. Aäron het die borsstukke en die regterboud opgelig as ’n offer vir die Here, net soos Moses beveel het.

22. Na al die dinge het Aäron sy hande uitgesteek na die volk toe en hulle geseën. Nadat hy die sonde-offer, die brandoffer en die maaltydoffer gebring het, het hy van die altaar af geklim.

23. Moses en Aäron het toe in die tent van ontmoeting ingegaan en toe hulle uitkom, het hulle weer die volk geseën. Die glorieryke teenwoordigheid van die Here het toe vir die hele gemeenskap sigbaar geword.

24. Vuur wat van die Here gekom het, het die brandoffer en die vet op die altaar verteer. Toe die volk al die dinge sien, was daar uitroepe van vreugde en het hulle op die grond neergeval.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 9