Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 22:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Sê vir Aäron en sy seuns om die heilige gawes wat die Israeliete vir My eenkant afsonder, met sorg te hanteer sodat hulle nie my Naam ontheilig nie. Ek is die Here.

3. “Herinner hulle daaraan dat nie een van hulle afstammelinge die offer wat die Israeliete aan My opgedra het, mag bring terwyl hulle self onrein is nie. So ’n persoon mag nooit weer in my teenwoordigheid diens doen nie. Ek is die Here.

4. “As enige priester uit die nageslag van Aäron ’n aansteeklike velsiekte het, of ’n afskeiding wat hom onrein maak, mag hulle nie van die heilige offers eet voordat hulle rein verklaar is nie. As enige priester onrein sou raak deur aan ’n lyk te raak of deur ’n saadstorting,

5. of deur ’n kruipende dier aan te raak wat onrein is, of deur aan iemand te raak wat onrein is vir watter rede ook al,

6. sal hy onrein bly tot die aand toe. Hy mag nie van die heilige offers eet voordat hy sy liggaam met water gereinig het nie.

7. As die son ondergaan, sal hy weer rein wees en mag hy van die heilige offers eet. Dit is immers hulle enigste kos.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 22