Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 21:16-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. Toe het die Here vir Moses gesê:

17. “Vertel vir Aäron dat wat toekomstige geslagte betref, afstammelinge wat ’n liggaamsgebrek het, nie kwalifiseer om aan hulle God te offer nie.

18. Niemand met ’n liggaamsgebrek mag My nader nie, of hy nou blind of lam of misvormd of gebreklik is,

19. en of hy ’n gebreekte voet of hand het,

20. of ’n boggelrug het of ’n dwerg is, of ’n oogdefek het of wat ’n etterende seer of skurfte aan sy vel het of wat beskadigde testikels het.

21. Selfs al is hy ’n afstammeling van Aäron, diskwalifiseer sy fisiese gestremdheid hom om offers vir die Here te bring. Omdat hy ’n tekortkoming het, mag hy nie offer vir God nie.

22. Hy mag egter van die kos eet wat aan God geoffer word, insluitende die heilige offers en die allerheiligste offers.

23. As gevolg van sy fisiese gebrek mag hy nooit agter die voorhangsel ingaan of na die altaar kom nie omdat dit my heilige plekke sal verontreinig. Ek is die Here wat dit heilig gemaak het.”

24. Moses het hierdie instruksies vir Aäron en sy seuns en vir al die Israeliete gegee.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 21