Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 13:41-55 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

41. As hy sy hare op sy voorkop verloor, het hy net ’n bles voorkop, maar is hy steeds rein.

42. As daar egter ’n rooi-wit ontsteking op die voor- of agterkop ontstaan, is dit ’n aansteeklike velsiekte.

43. Die priester moet hom ondersoek en as hy ’n swelsel ontdek rondom die rooi-wit seer,

44. het die man ’n aansteeklike velsiekte en is hy onrein. Die priester moet hom dan as gevolg van die ontsteking onrein verklaar.

45. “Mense wat aan enige aansteeklike velsiekte ly, moet hulle klere skeur en hulle hare laat los hang. Soos wat hulle van plek tot plek gaan, moet hulle hulle monde bedek en uitroep: ‘Onrein! Onrein!’

46. So lank as wat die siekte aanhou, is hulle onrein en moet hulle buite die kamp in afsondering leef.”

47. “As ’n skimmel op ’n kledingstuk verskyn,

48. of op wol- of linnemateriaal, of op die vel van ’n dier of enigiets wat van leer gemaak is,

49. en die skimmel het ’n groenerige en rooierige kleur aan die klere, of die dierevel, of die materiaal of die leer, is dit besmet met ’n aansteeklike soort skimmel. Dit moet na die priester toe geneem word om ondersoek te word.

50. Ná die ondersoek van die priester moet hy dit vir sewe dae lank eenkant wegbêre.

51. Op die sewende dag moet die priester dit weer ondersoek. As die besmette deel verder versprei het, is die materiaal duidelik besmet met ’n aansteeklike skimmel en is dit onrein.

52. Die priester moet die linne of wolklere of die stuk leer verbrand, want dit is besmet met ’n aansteeklike skimmel. Dit moet heeltemal verbrand word.

53. “As die priester dit egter weer ondersoek en die besmette deel het nie versprei in die klere, die materiaal of die leer nie,

54. sal die priester aanbeveel dat dit gewas moet word en vir nog sewe dae eenkant gehou moet word.

55. Dan moet die priester dit weer ondersoek. As hy sien dat die besmette deel nie verander het nadat dit gewas is nie, selfs al het dit nie verander nie, is dit nog onrein. Dit moet heeltemal verbrand word of dit nou aan die binne- of aan die buitekant besmet is.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 13