Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 1:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het na Moses van die tent van ontmoeting af geroep en vir hom gesê:

2. “Gee die volgende opdragte vir die Israeliete: Wanneer julle vir die Here diere offer, moet julle dit uit julle bees- of skaaptroppe vat.

3. “As julle ’n bees as ’n brandoffer bring, bring dan ’n bul sonder enige liggaamsgebrek. Bring die bul na die ingang van die tent van ontmoeting sodat dit vir die Here aanvaarbaar kan wees.

4. Lê jou hand op die kop van die brandoffer sodat die Here dit as plaasvervanger vir jou kan aanvaar en dit so vir jou versoening kan bewerk.

5. Slag die bul in die teenwoordigheid van die Here. Die seuns van Aäron, die priesters, sal die bloed vat en dit teen die kante van die altaar sprinkel wat voor die tent van ontmoeting staan.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 1