Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 4:7-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Ons leiers was blinker as sneeu, witter as melk en so mooi soos edelstene.

8. Hulle het nou swarter geword as roet. Niemand herken hulle meerop straat nie. Hulle vel het gekrimp tot op die been. Hulle het uitgedroog soos hout.

9. Hulle wat doodgemaak is in die oorlog, is baie beter daaraan toe as hulle wat moet doodgaan van honger. Hulle lewe kwyn weg omdat daar niks is om te eet nie.

10. Sagmoedige vroue moes hulle eie kinders gaarmaak en hulle eet om te kan oorleef.

11. Maar nou is die Here se woede uitgewoed. Hy het sy ergste woede uitgegiet.Hy het ’n vuur in Jerusalem losgelaat wat dit afgebrand het tot op sy fondamente.

12. Daar was nie ’n koning op aarde of ’n mens in die wêreld wat ooit kon dink dat ’n vyandJerusalem sou binnegaan nie.

13. Tog het dit gebeur omdat haar profete oortree heten haar priesters regverdige mensedoodgemaak het in die stad.

14. Soos blindes het hulle voel-voeldeur die strate geskuifel. Hulle klere was so vol bloed,dat niemand aan hulle wou raak nie.

15. Mense het vir hulle geskreeu:“Loop weg! Julle is onrein! Gee pad! Moenie aan ons raak nie!” Hulle het weggevlug, by heidennasies probeer bly, maar selfs dié nasies wou hulle nie daar toelaat nie.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 4