Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 2:14-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Jou profete het vir jou drogbeelde opgetower. Hulle het nie jou oortredingssigbaar gemaak nie.Dit sou verhoed het dat jy weggevat word uit jou land. Hulle het nuttelose dinge gesê wat jou eerder op ’n verkeerde spoor gelei het.

15. Almal wat by die stad verbyloop, slaan hulle hande saam. Hulle skud hulle kop en fluit van verbasing oor Jerusalem. Hulle spot en sê:“Is dit die stad wat die mooiste plek op aarde genoem is, die stad wat vreugde vir die hele wêreld bring?”

16. Al jou vyande spot met jou en fluit deur hulle tande: “Die dag het gekom waarvoor ons gewag het om hierdie stad te vernietig!”

17. Dit is die Herewat dit met jou laat gebeur wat Hy al lankal besluit het. Hy het Jerusalem genadeloos vernietig. Hy het jou vyand laat lekkerkry toe hulle jou verslaan het.

18. Mure van Jerusalem, pleit by die Here! Laat jou trane dag en nag vloei soos ’n rivier. Moenie vir ’n oomblik ophou nie.

19. Staan op,in die middel van die nag, om jou hart soos water voor die Here uit te stort. Steek jou hande uit na Hom om te pleit vir jou kinders wat op straat flou word van honger.

20. Kyk tog, Here, wat U maak met ons. Moet vroue dan die kinders eet vir wie hulle so lief is? Moet priesters en profete dan sterf in die tempel van die Here?

21. Jongmense en oumense lê dood buite in die straat. My jong meisies en jong mans het U genadeloos doodgemaak in u woede.

22. U het oraloor mense geroep asof hulle na ’n feesdag toe kom. Die dag toe die Heresy woede losgelaat het, was daar niemand wat ontsnap en bly leef het nie. My kinders wat ek grootgemaak hetmet sorg, is deur die vyand doodgemaak.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 2