Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 3:5-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Josua het vir die volk gesê: “Berei julle voor. Die Here gaan môre wonderwerke onder julle doen.”

6. Josua het vir die priesters gesê: “Tel op die verbondsark. Begin voor die volk uitloop.” Hulle het die ark van die verbond opgetel en voor die volk begin loop.

7. Die Here sê toe vir Josua: “Ek begin jou vandag belangrik maak vir die hele Israel. Hulle sal weet dat Ek net so by jou is soos Ek by Moses was.

8. Sê nou vir die priesters wat die ark van die verbond dra: ‘Sodra julle op die oewer van die Jordaan aankom, moet julle net daar bly staan.’”

9. Josua het toe vir die Israeliete gesê: “Staan nader hiernatoe dat julle kan hoor wat die Here julle God sê.”

10. Hy sê toe: “Vandag gaan julle weet dat die lewende God hier tussen julle is en dat Hy die Kanaäniete, Hetiete, Hewiete, Feresiete, Girgasiete, Amoriete en Jebusiete voor julle uit sal verdryf om vir julle plek te maak.

11. Die ark van die verbond van die Here van die hele wêreld sal voor julle uit deur die Jordaan gaan.

12. Kies nou twaalf mans, een uit elke stam van Israel.

Lees volledige hoofstuk Josua 3