Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 21:1-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die leiers van die Leviete het die priester Eleasar, Josua die seun van Nun en die hoofde van die Israelitiese stamme ontmoet.

2. Hulle het in Silo in die land van Kanaän met hulle gepraat: “Die Here het vir Moses die opdrag gegee dat ons stede moet kry om in te woon en weiveld vir ons vee.”

3. Die Israeliete het vervolgens die opdrag van die Here uitgevoer en in hulle gebiede dorpe met weiveld vir die Leviete gegee.

4. Hulle het met die lot beslis om vir die Kehatgroep dertien dorpe te gee. Hulle was uit die nageslag van die priester Aäron. Hierdie dorpe was in die gebiede van Juda, Simeon en Benjamin.

5. Vir die res van die ander lede van die Kehatgroep is tien dorpe geloot in die gebiede van die families van die stamme Efraim, Dan en die een helfte van Manasse.

6. Hulle het deur loting vir die Gersongroep dertien dorpe in die gebiede van die families van die stamme Issaskar, Aser, Naftali en die halwe stam van Manasse in Basan gegee.

7. Die families van die Merarigroep het twaalf dorpe in die gebied van Ruben, Gad en Sebulon gekry.

8. Die Israeliete het gemaak soos die Here vir Moses gesê het en hierdie dorpe met hulle weivelde vir die Leviete gegee volgens loting.

9. In die gebied van Juda en Simeon het hulle dorpe gegee

10. aan die Leviete uit die nageslag van Aäron wat aan die Kehatgroep behoort het. Hulle loting het eerste aan die beurt gekom.

11. Hulle het Kirjat-Arba (dit is Hebron) gekry in die heuwels van Juda, met sy weivelde rondom. Arba was ’n voorsaat van die Enakiete.

12. Die veld en klein dorpies rondom die dorp was egter Kaleb, die seun van Jefunne, se eiendom.

Lees volledige hoofstuk Josua 21