Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 10:39-43 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

39. Hy het die stad, sy koning en al die dorpies rondom verower. Hy het almal wat daar gebly het, doodgemaak. Nie ’n siel daarin het oorleef nie. Hy het met Debir en sy koning gedoen soos hy met Hebron en Libna en sy koning gedoen het.

40. So het Josua die hele gebied ingeneem: die heuwelgebied, die Negevwoestyn, die kusvlakte en die hange tussenin met al hulle konings. Niemand het vrygekom nie. Hy het alles wat leef met die banvloek uitgewis, net soos die Here, die God van Israel, beveel het.

41. Josua het hulle vernietig van Kades-Barnea af tot by Gasa, en die hele gebied van Gosen af tot by Gibeon.

42. Hy het al hierdie gebiede en hulle konings in een enkele veldtog oorwin. Die Here, die God van Israel, het saam met Israel geveg.

43. Josua en al die Israeliete saam met hom is daarna terug na die kamp in Gilgal.

Lees volledige hoofstuk Josua 10