Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 1:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Moses, die dienaar van die Here, is dood. Daarna het die Here met Josua, seun van Nun, begin gepraat. Hy was vroeër die assistent van Moses. Die Here het vir hom gesê:

2. “Noudat my dienaar Moses dood is, moet jy gereedmaak om my volk deur die Jordaanrivier te lei na die land toe wat Ek vir die Israeliete gee.

3. Soos Ek vir Moses belowe het, sal Ek elke plek waar julle kom vir julle gee.

4. Alles sal julle grond wees, van die Negevwoestyn af tot by die Libanonberge, die hele gebied van die Hetiete, van die Eufraatrivier af tot by die Middellandse See in die weste.

5. “Niemand sal teen jou bestand wees solank jy leef nie. Soos Ek by Moses was, so sal Ek ook saam met jou wees. Ek sal jou nooit in die steek laat nie. Ek sal jou nooit los nie.

6. “Wees sterk en dapper. Jy is die een wat hierdie volk moet lei om die land in besit te neem. Ek het dit met ’n eed aan hulle voorouers beloof.

Lees volledige hoofstuk Josua 1