Ou Testament

Nuwe Testament

Jona 2:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Jona het uit die ingewande van die vis tot die Here sy God gebid.

2. Hy het gesê: “In my groot noodhet ek die Here aangeroepen Hy het my geantwoord. Ek het uit die doderyk geroep en U het my gehoor!

3. In die diepte van die oseaan het U my gegooi. Ek het tot in die hart van die see gesink. Strome het rondom my gekolk. U het golf na golf oor my laat spoel.

4. Ek het gesê: ‘Uit u teenwoordigheid het U my verdryf.Hoe sal ek ooit weer u heilige tempel sien?’

5. “Water het my verswelg, die diepwaters het my omring. Seegras was om my kop gedraai.

Lees volledige hoofstuk Jona 2