Ou Testament

Nuwe Testament

Job 5:5-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Hulle oeste word opgeëet deur honger mense,selfs al is dit deur ’n doringheining beskerm. Hulle welvaart bevredig die dors van ander.

6. Ellende spruit nie uit die grond,en swaarkry groei nieuit die aarde nie.

7. ’n Mens word gebore vir moeite, soos vonke boontoe skiet uit ’nvuur.

8. “My raad aan jou is: Gaan na God toeen stel jou saak aan Hom.

9. Wat God doen, is te groot om ooit te verstaan.Hy doen wonder op wonder.

10. Hy gee reën op die aarde.Hy maak die veld nat.

11. Hy gee voorspoed aan die nederiges, en beskerm mense wat ly.

12. Hy verydel die planne van skelm mensesodat hulle planne nie slaag nie.

13. Mense wat dink hulle is slim, draai Hy in hulle eie planne vas.Wat hulle wou doen, maak Hy tot niet.

Lees volledige hoofstuk Job 5