Ou Testament

Nuwe Testament

Job 5:18-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. want Hy verwond, maar verbind ook weer. Hy tref ons, maar sy hande genees ook weer.

19. Hy sal jou keer op keer red,tot ses of sewe keer,sodat kwaad jou nie tref nie.

20. In ’n tyd van hongersnood red Hy jou van die dood.In ’n tyd van oorlog red Hy jou van die swaard.

21. Jy sal veilig wees teen skindertonge.Jy hoef nie te vrees om vernietig te word nie.

22. Jy sal lag tydens vernietiging en hongersnood.Vir wilde diere sal jy nie skrik nie.

23. Jy sal vrede hê met die klippe in die veld en wilde diere sal jou nie pla nie.

24. Jy sal weet dat jou blyplek veilig is.Op jou weiveld sal jy geen vee mis nie.

25. Jy sal baie kinders hê,jou nageslagsal volop wees soos gras!

26. Jy sal op rype ouderdom sterf;nie ’n dag voor jou tyd sal die dood jou oes nie.

27. “Ons het ondervind dat dit alles waar is.Luister na my raad en pas dit toe op jouself.”

Lees volledige hoofstuk Job 5