Ou Testament

Nuwe Testament

Job 40:15-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. Die berge lewer vir hom voedsel, en al die wilde diere speel daar.

16. Hy lê onder waterplante.Hy skuil tussen die riete in die moeras.

17. Hy skuil in die skadu van die waterplantetussen die wilgers langs die rivier.

18. As die rivier in vloed is, word hy nie bang nie.Hy is rustig selfs as die Jordaan rondom hom bruis.

19. Niemand kan hom van voor af paken ’n ring in sy neus sit nie.”

20. “Kan jy ’n krokodil*met ’n hoek vang?Kan jy ’n tou bind om sy bek?

21. Kan jy ’n lynsteek deur sy neusof sy kake met ’n haak deurboor?

22. Sal hy by jou pleit om genade,of soebat om vir hom jammer te wees?

23. Sal hy instem om vir jou te werk? Kan jy van hom ’n slaaf maak vir die res van sy lewe?

Lees volledige hoofstuk Job 40