Ou Testament

Nuwe Testament

Job 38:24-38 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

24. Waar is die pad na die oorsprong van lig?Waar is die tuiste van die oostewind?

25. Wie grawe ’n kanaal vir die stortreën?Wie maak ’n padvir die weerlig?

26. Wie giet reën oor die droë grond, in ’n woestyn waar niemand woon nie?

27. Wie stuur die reën wat die droë land natmaak sodat groen gras uitspruit?

28. Het die reën ’n vader? Waar kom dou vandaan?

29. Wie is die moeder van ys? Wie gee geboorte aan ryp uit die lug?

30. Dan word water so hard soos ’n rots,en die watervlak verys.

31. “Kan jy die Sewester vasknoop?Of die bande van Orion losmaak?

32. Kan jy sorg dat die sterre op die regte tyd opkom?Kan jy die Beer met sy kleintjies laat uitkom?

33. Ken jy die wette van die natuur?Weet jy hoe God oor die aarde regeer?

34. “Kan jy met die wolke praat sodat hulle begin reën?

35. Kan jy weerligstrale maak,en dit laat tref soos jy wil?

36. Wie gee intuïsie en instink aan die mens?

37. Wie is slim genoeg om die wolke te tel?Wie kan die waterkanne van die hemel omkeer

38. wanneer die grond droog isen die kluite kliphard?”

Lees volledige hoofstuk Job 38