Ou Testament

Nuwe Testament

Job 34:13-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Wie het die aardeaan God se sorg toevertrou? Wie het Hom aangestel oor die hele wêreld?

14. As Hy sy Gees wegneemen sy asem onttrek,

15. hou alle lewe op om te bestaan.Mense word dan stof.

16. “As jy enige verstand het, luister dan hierna.Hoor wat ek sê.

17. Sou God kon regeer as Hy regverdigheid haat? Kan jy waag om die almagtige Regter te veroordeel?

18. Want Hy sê aan konings: ‘Julle is boos!’ en aan vername mense: ‘Julle is onregverdig.’

19. Dit maak nie vir Hom saakhoe belangrik jy is nie.Hy kies ook nie tussen ryk en arm nie.Hy het hulle almal gemaak.

20. Hulle sterf in ’n oomblikteen middernag.Die sterkstes word verwyder sonder dat iemand iets daaraan kan doen.

21. “Hy kyk na hoe mense leef;Hy sien alles wat hulle doen.

22. Die kwaaddoener kan in geen donker plek,hoe donker ook al,vir Hom wegkruip nie.

23. Dit is nie vir ’n mensom te besluit wanneer hyin God se oordeel kom nie.

24. Hy vernietig sterk mensesonder om iemand te vraen stel ander aan in hulle plek.

25. Hy kyk wat hulle doen.In die nag keer Hy hulle om en vernietig hulle.

26. Hy straf hulle vir hulle slegte dade waar almal dit kan sien.

27. Hulle het mos opgehou om Hom te volg.Hulle het hulle nie aan Hom gesteur nie.

28. Deur hulle toedoen moes die armes na Hom roep om hulp. En God het dit gehoor.Ja, Hy hoor altyd die noodroep van mense.

29. Wanneer Hy stilbly, wie kan Hom kritiseer? As Hy Hom verberg,wie kan Hom sien?Hy besluit oor volke en mense.

Lees volledige hoofstuk Job 34