Ou Testament

Nuwe Testament

Job 31:32-40 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

32. Ek het nooit ’n vreemdeling weggewys nie.My deur het altyd vir almal oopgestaan.

33. Het ek ooit probeer om my sondes weg te steeksoos mense graag doen?Het ek my ongeregtighede probeer ontken?

34. Het ek stilgebly daaroor en nie buitentoe gegaan nieomdat ek bang was dat mense op my sou neersienen my verag?

35. “As daar maar net iemand was wat na my wou luister en my kant van die saakwou sien! Kyk, ek teken my naam as my verdediging. Laat die Almagtige my wys dat ek verkeerd is. Laat my Aanklaer die klag teen my uitskryf!

36. Dan sou ek die aanklag teenstaan.Ek sou dit dra soos ’n kroon.

37. Want ek sou Hom presies sêwat ek gedoen het.Ek kan voor Hom staan, soos ’n prins.

38. “As die grond wat ek bewerk my aankla,en al die ploegvore saam ween,

39. as ek dit wat daaruit opgekom het, geëet hetsonder om te betaal, of die eienaars vermoor het,

40. laat daar dan dissels groei op daardie land in die plek van koring, en onkruid in die plek van gort.” Hier eindig Job se woorde.

Lees volledige hoofstuk Job 31