Ou Testament

Nuwe Testament

Job 3:17-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Daar staak die goddeloses die onrus,en daar kan die vermoeides rus.

18. Gevangenes geniet hulle rus, hulle hoor nie die stemvan die slawedrywer nie.

19. Daar is geringes en vernames gelyk,en die slaaf is vry van sy baas.

20. “Hoekom gee God lig aan mense wat moeg is,lewe vir die wat verbitterd is?

21. Hulle wens dat hulle kan doodgaan, maar die dood ontwyk hulle. Hulle soek die dood eerder as verborge skatte.

22. As hulle uiteindelik doodgaan, is dit vir hulle ’n groot verligting en vreugde.

23. Hoekom moet mense wat niks van die toekoms verwag nie, aanhou lewe, mense vir wie God aan swaarkry oorgegee het?

24. Versugting is my voedsel, my kreune word uitgegiet soos water.

25. Dit waarvoor ek gevrees het,het oor my gekom. Dit waarvoor ek bang was,het nou met my gebeur.

26. Ek ken geen rus en vrede nie. Daar is vir my geen blaaskans meer nie, net moeilikheid.”

Lees volledige hoofstuk Job 3