Ou Testament

Nuwe Testament

Job 19:11-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Sy toorn brand teen my.Hy beskou my as sy vyand.

12. Sy soldate kom op my afen bou paaie om my aan te val.Hulle slaan kamp op rondom my tent.

13. “My broers bly ver weg,my vriendehet teen my gedraai.

14. My familie is ver weg,my bure het my vergeet.

15. My gaste en diensmeisies beskou my as ’n vreemdeling.Ek is soos ’n uitlander vir hulle.

16. Ek roep my bediende, maar hy kom nie,selfs al smeek ek hom hardop!

17. My asem is aanstootlik vir my vrou.Ek is walglik vir my eie familie.

18. Selfs jong kinders verag my.As ek opstaan om iets te sê, draai hulle die rug op my.

19. My naaste vriende het ’n afsku aan my.Dié wat ek liefhet, het teen my gedraai.

20. Ek is nog net vel en been.Ek het die dood net-net vrygespring.

21. “Bejammer my tog, my vriende, wees tog jammer vir my! Want die hand van God het my getref.

22. Waarom vervolg julle my ook soos wat God doen? Is dit nie genoeg vir julle dat ek so ly nie?

23. “Ag, dat al my woorde neergeskryf sou word; dat dit gegraveer sal word op ’n monument,

24. uitgekap met ’n ysterbeitel, en gevul met lood, vir altyd gegraveer in ’n rots.

25. Maar ek, ek weet dat my Verlosser leef, en dat Hy aan die einde op die aarde sal staan.

Lees volledige hoofstuk Job 19