Ou Testament

Nuwe Testament

Job 19:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Job het weer gepraat:

2. “Hoe lank gaan julle my nog martel?Hoe lank gaan julle nog probeer om my te verplettermet julle woorde?

3. Tien keer het julle nou bedoel om my te verneder. Julle kan julle skaam om so ongevoelig teenoor my te wees.

4. Selfs al het ek gesondig,is dit my saak,nie julle s’n nie.

5. Julle probeer my oorweldig deur my vernedering te gebruik as bewys van my sonde.

6. Maar dit is God wat kwaad aan my doen,want ek is soos ’n beleërde stad.

7. “Ek roep hard om hulp,maar niemand hoor my nie.Ek skreeu, maar daar is geen geregtigheid nie.

8. God het my pad versper,ek kan nie beweeg nie.Hy het dit donker op my weë gemaak.

9. Hy het my gestroop van my eer en my kroon van my kop verwyder.

10. Hy breek my af van alle kante.Dis klaar met my.Hy vernietig my hoopsoos ’n ontwortelde boom.

11. Sy toorn brand teen my.Hy beskou my as sy vyand.

Lees volledige hoofstuk Job 19