Ou Testament

Nuwe Testament

Job 10:10-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. U het my ontvangenis begelei en my in die baarmoeder gevorm.

11. U het my geklee met vleis en vel en my bene met senings aanmekaargeheg.

12. U het aan my lewe gegeeen aan my u onfeilbare liefde betoon.My lewe was bewaar deur u sorg.

13. Maar u werklike motief– ek weet dit –

14. was om my dop te houof ek sondig.En as ek sondig, sou U my nie vergewe nie.

15. As ek skuldig is, is dit klaar met my.En selfs as ek onskuldig is, is ek gevul met skaamte en ellende sodat ek my kop laat hang.

16. As ek my kop optel, sou U my jag soos ’n leeu met ’n vertoon van u ontsaglike mag teen my.

17. Weer en weer getuig U teen my.U stort ’n groeiende vloed van toorn oor my, en bring vars leërmagte teen my.

18. Waarom het U my dan uit my moeder se skoot gebring? Waarom het U my nie by geboorte laat sterf sodat niemand my sou sien nie?

19. Dan was ek gespaar van hierdie ellendige bestaan. Dan was ek reguit van die baarmoeder na die graf gedra.

Lees volledige hoofstuk Job 10