Ou Testament

Nuwe Testament

Job 10:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Ek verafsku my lewe!Los my dat ek kan klasodat ek die bitterheid wat in my is, in woorde kan sê.

2. Ek wil vir God sê: ‘Moet my nie sommer veroordeel nie.Sê vir my wat is die klag wat U teen my bring?

3. Wat baat U daarby om my te laat swaarkry? Waarom verwerp U my, die werk van u eie hande,terwyl U aan die kwaaddoener voorspoed gee?

4. Het U die oë van ’n mens? Kyk U na dinge soos mense daarna kyk?

5. Is u leeftyd soos dié van ’n mens?Is u lewe só kort soos ’n mens s’n

6. dat U haastig is om te soek na my skulden my sonde uit te wys

7. alhoewel U weet dat ek nie skuldig is nie,en niemand my kan red uit u hand nie?

8. U het my met u hande gevorm. U het my gemaak, en tog vernietig U my geheel en al!

9. Onthou dat U my van klei gemaak het. Wil U my nou al terugbring tot stof?

10. U het my ontvangenis begelei en my in die baarmoeder gevorm.

11. U het my geklee met vleis en vel en my bene met senings aanmekaargeheg.

Lees volledige hoofstuk Job 10