Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 66:6-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Luister! Die stad is in oproer.Hoor die geraas in die tempel!So klink dit wanneer die Heresy vyande terugbetaaloor alles wat hulle gedoen het.

7. “Voordat sy geboortepyne kry,het Jerusalem al klaar ’n seun in die wêreld gebring.

8. Wie het al ooit so iets gehoor? Wie het al ooit so iets gesien? Word ’n land in een oomblik gebore?Word ’n nasie in een dag voortgebring? Maar Jerusalem het skaarsgeboortepyne gekryof haar babas is reeds gebore.

9. Bring Ek hierdie nasie tot by die punt van geboorte en laat nie ’n geboorte plaasvind nie? Dit is wat die Here vra. Sou Ek ’n geboorte laat geskieden niks word gebore nie?sê jou God.

10. “Juig saam met Jerusalem!Wees bly saam met haar, julle wat haar liefhet. Wees bly saam met haar, julle wat oor haar gehuil het.

11. By haar sal julle gevoed word totdat julle genoeg het.Julle sal haar oorvloed geniet.”

12. Want dis wat die Here sê:“Ek sal haar vrede maak soos ’n rivier.Die skatte van die nasies sal na haar toe stroom.Haar kinders sal aan haar drink.Sy sal hulle in haar arms dra en hulle op haar skoot vertroetel.

13. Soos ’n moeder haar kind troos,so troos Ek julle.Julle sal veilig wees in Jerusalem.”

14. Wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, sal julle bly wees.Julle sal uitspruit soos groen gras. Die mag van die Heresal geopenbaar wordaan dié wat Hom dien, maar sy vyande sal Hy straf.

15. Kyk, die Here kom met vuur.Sy oorlogwaens is soos ’n stormwind.Hy kom sy vyande strafmet die wraak van sy woede.Hy voltrek sy straf met vuur.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 66