Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 66:1-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. So sê die Here: “Die hemel is my troonen die aarde my voetstoeltjie.Kan julle ooit ’n tempel bou wat so goed is?Kan julle ’n huis bouwaarin Ek sal woon?

2. My hand het alle dinge gemaak en so het alles ontstaan.Ek, die Here, het gepraat!“Dit is die een wat Ek raaksien,die een wat nederig is en berou het oor sy sonde, wat ontsag het vir my woord.

3. Party mense offer bulle en ander offer mense.Sommige offer lammers as offeren ander ’n hond se nek.Party offer graan, en ook offers van varkbloed.Party offer wierook. Dis alles afskuwelike offers.Hierdie mense het besluit om hulle eie pad te loop.Hulle skep behaein hulle afskuwelikhede.

4. Daarom sal Ek hulle moet straf en oor hulle bringwat hulle die meeste vrees. Toe Ek geroep het,het niemand geantwoord nie;toe Ek gepraat het, het niemand geluister nie.Hulle het gedoen wat in my oë verkeerd is. Hulle het gekies om te doen juis dit wat Ek haat.”

5. Luister na die boodskap van die Here, en bewe oor wat Hy sê:“Julle naaste familie haat julleen verstoot julle omdatjulle lojaal aan My is.‘Laat die Here Homself bewys,’ sê hulle, ‘sodat ons julle vreugde kan sien!’Maar hulle sal in die skande kom.

6. Luister! Die stad is in oproer.Hoor die geraas in die tempel!So klink dit wanneer die Heresy vyande terugbetaaloor alles wat hulle gedoen het.

7. “Voordat sy geboortepyne kry,het Jerusalem al klaar ’n seun in die wêreld gebring.

8. Wie het al ooit so iets gehoor? Wie het al ooit so iets gesien? Word ’n land in een oomblik gebore?Word ’n nasie in een dag voortgebring? Maar Jerusalem het skaarsgeboortepyne gekryof haar babas is reeds gebore.

9. Bring Ek hierdie nasie tot by die punt van geboorte en laat nie ’n geboorte plaasvind nie? Dit is wat die Here vra. Sou Ek ’n geboorte laat geskieden niks word gebore nie?sê jou God.

10. “Juig saam met Jerusalem!Wees bly saam met haar, julle wat haar liefhet. Wees bly saam met haar, julle wat oor haar gehuil het.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 66