Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 65:1-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Ek openbaar My aan hulle wat nie my raad gevra het nie. Ek laat My vind deur mense wat My nie gesoek het nie. Vir ’n nasie wat nie na Mygeroep het nie, het Ek gesê: ‘Hier is Ek!’

2. Want Ek het heeldag lankmy hande uitgesteek na my eie, opstandige volk.Maar hulle het aangehou loop op hulle eie sondige paaie.Hulle het hulle eie koppe gevolg.

3. Hulle is ’n volk wat My in my gesig beledig. Hulle bring offers vir afgodein tuine en brand wierook op hulle steenaltare.

4. In die nag gaan hulle na die grafteen geheime plekke om bose geeste te aanbid.Hulle eet varkvleis en onrein kos wat verbode is.

5. En dan sê hulle: ‘Bly waar jy is! Moenie naby my kom nie! Ek is heiliger as jy!’Sulke mense is soos rook in my neus, soos ’n vuur wat heeldag brand.

6. “Dit staan voor My geskryf: Ek sal nie langer stilbly nie.Nee, Ek sal hulle straf.Ek gaan hulle terugbetaal volgens hulle verdienste.

7. Ek gaan hulle strafvir hulle eie sondes en vir die sondes van hullevoorouers,” sê die Here. “Want hulle het wierook gebrand op die berge,en My beledig op die hoogtes.Ek gaan hulle straf, volgens wat hulle verdien.”

8. So sê die Here: “As daar nog sap in ’n druiwetros is,sê die mense:‘Moenie dit weggooi nie,want dit kan nog gebruik word.’So sal Ek doenter wille van my dienaars:Ek sal hulle nie almal vernietig nie.

9. Ek sal vir Jakob weer ’n nageslag gee, aan Juda kinders wat my bergland sal besit. Die mense wat Ek uitverkies,sal dit in besit neem,en daar sal my dienaars woon.

10. “Die Saronvlakte sal ’n weiveld wees vir mense met kleinvee, en die Akorlaagte ’n rusplek vir die beeste.Dit is vir hulle uit die volk wat na my wil vra.

11. “Maar die res van jullehet die Here versaak en my heilige berg vergeet.Julle het die geluksgod en die god van die noodlot aanbid.

12. Daarom het Ek julle bestem om doodgemaak te word.Julle sal moet neerknielom geslag te word.Want toe Ek julle geroep het, het julle nie geantwoord nie.Toe Ek gepraat het,het julle nie geluister nie. Julle het gedoen wat verkeerd isreg voor my oë.Julle het gekies om te doenwat Ek haat.”

13. Daarom sê die oppermagtige Here: “My dienaars sal eet,maar julle sal honger ly.My dienaars sal drink, maar julle sal dors ly.My dienaars sal bly wees,maar julle sal in die skande kom.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 65