Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 63:10-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Maar hulle het in opstand gekomen sy Heilige Gees bedroef.Daarom het Hy hulle vyand geworden self teen hulle geveg.

11. Toe het sy volk onthou van die tyd van Moses. Hulle het uitgeroep: “Waar is die Een wat Israel deur die see gelei het met Moses as hulle herder? Waar is die Een wat sy Gees van heiligheidgestuur het om tussen sy volk te wees?

12. Waar is die Een wat met sy magtige armaan Moses se regterkantgeloop het?Waar is die Een wat die watersvoor sy volk oopgekloof heten vir Hom ’n ewige Naam gemaak het?

13. Waar is die Een wat sy volk deurdie diep waters gelei het?Soos ’n perd in ’n woestyn het hulle nie gestruikel nie!

14. Soos ’n trop beeste wat afstap na die vallei,so het die Gees van die Heresy volk rusplek gegee,so het U u volk geleiom die roem van u Naamte vermeerder.”

15. Kyk af uit die hemel en sien ons tog raak van waar U sit, op u heilige en verhewe troon. Waar is u ywer van voorheen,u magtige dade? U weerhou u ontferming en genade van ons.

16. U is mos nog ons Vader!Selfs as Abraham en Israelons nie wil erken nie,bly U steeds ons Vader, Here.U is van altyd af ons Redder.

17. Here, hoekom het U toegelaat dat ons afdraai van u paaie?Hoekom het U ons hardkoppig gemaaksodat ons U nie gedien het nie?Keer tog terug want ons is u dienaars,u spesiale besitting.

18. Vir ’n kort tyd kon u heilige volku tempel besit.Maar nou het ons vyande dit verwoes.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 63