Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 62:4-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Hulle sal jou nie meer die Verstoteling noem nie en jou land nie meer die Verlatene nie.Jy sal genoem word:“Een wat Ek liefhet”en jou land: “My Bruid.”Die Here het jou lief,en jou land behoort aan Hom.

5. Soos ’n jong man met ’n meisie trou,so sal jou kinders vir jou sorg.En soos ’n bruidegom bly is oor sy bruid, so sal jou God bly wees oor jou.

6. Ek het wagte op jou mure gesit, Jerusalem.Hulle sal dag en nag bid. Julle wat die Here herinner aan sy beloftes,moenie rus nie.

7. Moenie die Heremet rus laat nie, totdat Hy Jerusalem herstel het, en die hele wêreld die stad se lof besing.

8. Die Here het vir Jerusalemgesweer by sy eie mag:“Ek sal nooit weer jou koring as kos vir jou vyande gee nie.Nooit weer sal vreemde soldate die wyn drink waarvoor jy hard gewerk het nie.

9. Dié wat die koring oes,sal dit ook eeten die Here loof.Dié wat druiwe pluk,sal self die wyn drink in die voorhof van my heiligdom.”

10. Gaan uit, gaan uit deur die poorte,maak die grootpad gereed vir my volk wat terugkom!Maak die pad reg! Bou dit op! Bou die grootpad! Rol weg die klippe!Steek ’n vaandel in die lug sodat al die volke dit kan sien!

11. Die Heremaak ’n aankondiging oor die hele aarde: “Sê vir Sion: Jou Redder kom! Kyk, sy beloning is by Hom.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 62