Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 6:5-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Ek het hard geroep: “Ellende het my getref! Want ek is ’n sondige mens, tussen ander sondige mense. En tog het ek die Koning, die Here, die Almagtige, gesien!”

6. Toe het een van die serafs na die altaar toe gevlieg en ’n gloeiende kool met ’n tang opgetel.

7. Hy het my lippe daarmee aangeraak en gesê: “Kyk, hierdie kool het jou lippe aangeraak. Nou is jou skuld weg en jou sondes vergewe.”

8. Toe het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek met ’n boodskap na my volk toe stuur? Wie sal vir Ons gaan?” Ek het geantwoord: “Here, ek sal gaan! Stuur my!”

9. Hy het gesê: “Ja, gaan.Sê vir hierdie mense só: “‘Julle sal my woorde hoor, maar dit nie verstaan nie. Julle sal sien wat Ek doen, maar nie die betekenis daarvan snap nie.’

10. Verhard hierdie volk se harte. Maak hulle ore toe en hulle oë blind. Andersins sien hulle dalken hoor hulle, en verstaan hulle, en draai dan na My toe en word hulle gesond gemaak.”

11. Toe vra ek: “Here, hoe lank moet ek dit doen?”Hy het geantwoord: “Totdat hulle stede heeltemal verwoes is en niemand meer daarin bly nie. Totdat hulle huise leeg staan en die hele land ’n ruïne geword het.

12. Moenie ophou totdat die Hereelkeen na ver lande weggejaag het en die hele land Israel woestynagtig geword het nie.

13. Al bly daar net ’n tiende deel oor, sal die land weer verwoes word. “Israel sal agterbly soos die stomp van ’n terpentynboom of ’n eikeboom wat afgekap is. Maar die stomp sal uitloop en heilige saad word wat weer groei.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 6